Fresh out of the Zoo

(Julie 2025)

Alba Vorster, ’n talentvolle jong sangeres, stel haar nuwe enkelsnit, Ek Mis Jou vry. Dit is ’n pop/rock-liedjie oor die einde van ’n verhouding of vriendskap. Die enkelsnit wys dat dit normaal is om iemand te mis, selfs al weet jy dit was die regte besluit om weg te stap.

Alba het die enkelsnit self geskryf en wou ’n eerlike boodskap oordra. “Ek wou hê mense moet besef dis okay om iemand te mis, maar ook om te weet dat dit vir die beste was,” sê sy. Die musiek en lirieke help luisteraars om hulle eie gevoelens te verwerk.

Sy het ook ’n sterker rock-klank in die liedjie ingebring en verduidelik: “Hierdie liedjie was vir my die maklikste om oor te skryf en in die rock-genre te sing.” As ’n tiener voel sy veral verbind tot hierdie tema, aangesien baie jongmense hierdie emosies ervaar.

Sy glo dat haar musiek vir elke luisteraar iets persoonliks moet beteken. “Ek sê altyd dat almal moet hulle eie opinie hê oor die liedjies wat ek skryf. Ek maak liedjies vir mense om dit self te interpreteer en op hulle eie manier te ervaar,” sê sy. Sy hoop dat Ek Mis Jou luisteraars sal help om hulle eie ervarings beter te verstaan.

Wat hierdie enkelsnit spesiaal maak, is die unieke verwerking en die rou emosie wat sy daarin vasgevang het. Sy is self mal oor die verwerking van die enkelsnit en hoop dat ander mense ook daarvan gaan hou. Sy wil hê mense moet regtig luister na die boodskap en dit in hulle eie lewens toepas.

Alba sien uit na die toekoms en beplan om nog meer musiek uit te bring voor die einde van die jaar en sy geniet die reis as kunstenaar.

Meer oor die kunstenaar:

Alba Vorster is ’n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer wat haarself vinnig as ’n vars en dinamiese stem in die musiekbedryf vestig. Haar musiek weerspieël haar persoonlike ervarings en emosies, en sy is veral bekend vir haar eerlike en diep lirieke.

Haar grootste hoogtepunt tot dusver was haar optrede by die Trots Afrikaans fees in Nederland saam met van Suid-Afrika se top kunstenaars.

Alba se passie vir musiek het haar reeds na internasionale verhoë geneem, en sy sien uit daarna om haar loopbaan verder te bou. Sy is vasbeslote om haar unieke styl en stem te behou terwyl sy aanhou skryf, optree en haar liefde vir musiek met die wêreld deel.

Share this article

Recent News

Onike vier Kersfees saam met familie en geloof
12Dec

Onike vier Kersfees saam met familie en geloof

(Des 2025) Die nuwe enkelsnit van Onike, getiteld Ek En My Huis, bring ’n vars en diep betekenisvolle klank na…

Babette releases empowering new single, Hey Jack
28Nov

Babette releases empowering new single, Hey Jack

(Nov 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit – Vuur en Vlamme
21Nov

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit…

(Nov 2025) Die immergewilde sanger, liedjieskrywer én radio-aanbieder Martin Bester…