Fresh out of the Zoo

(Mei 2025)

Die bekende kunstenaar Giselle stel haar splinternuwe enkelsnit, Cheers op die lewe, vry. Hierdie rockliedjie is ‘n viering van die lewe, die goeie en die uitdagende oomblikke. Dit beklemtoon om voluit te leef, drome na te jaag, en intensioneel te wees met tyd. Die enkelsnit nooi luisteraars uit om hulle eie struikelblokke te oorwin en hulle passie te volg.

Giselle se eie ervarings en talle diep gesprekke met mense oor die jare, het haar inspireer om die liedjie te skryf. Dit is ‘n eerlike en emosionele uitdrukking van daardie innerlike stryd tussen wat ons regtig wil doen en die vrese wat ons keer. Giselle hoop dat hierdie enkelsnit ‘n baken van motivering sal wees, ‘n oproep om uit te styg bo onsekerhede en om elke oomblik ten volle te geniet.

Giselle en haar span het ‘n spioenasie-tema vir die musiekvideo geskep. Die musiekvideo is geskiet by Romansbaai Estate en Lomond-wynplaas in die Wes-Kaap, deur die filmmaker, Malan van Heerden wat ’n stylvolle en kragtige ervaring wat kykers sal motiveer, geskep.

Die musiekvideo volg die verhaal van ‘n karakter wat tyd, simbolies voorgestel as ‘n waardevolle item, moet herwin. Dit is ’n boodskap om jou tyd te gebruik op dit wat werklik saak maak. “Elke element is doelbewus gekies om ‘n dieper betekenis te dra, dis nie net vermaak nie, maar ‘n kunswerk met ‘n boodskap wat mense hopelik sal laat nadink oor hul eie lewenskeuses en tydsgebruik,” sê Giselle.

Giselle se lirieke is universeel en reguit, en spreek tot die kern van menslike aspirasies en vrese. Sy glo dat musiek ‘n kragtige manier is om mense te verbind en te inspireer, en Cheers op die lewe, is ‘n uitnodiging aan almal om saam met mekaar die vreugdes van die lewe te vier.

Met ‘n plan vir die toekoms, wat nuwe optredes en meer musiek aan ‘n groter gehoor insluit, is dit duidelik dat Giselle op die punt staan om nog groter hoogtes te bereik. Elke enkelsnit wat sy uitreik, is ‘n bewys van haar kreatiwiteit, haar hardwerkendheid, en haar toewyding aan haar musiek.

Meer oor die kunstenaar:

Giselle is ‘n veelsydige kunstenaar met ‘n passie vir musiek, wat ontstaan het uit haar musikale familie agtergrond. Haar oupa was ‘n bekende operasanger en van kleins af het sy geweet dat sy bedoel is vir die verhoog. Sy is ‘n talentvolle liedjieskrywer en sangeres wat nie net in musiek uitblink nie, maar ook in ander kreatiewe gebiede soos dans, kitaarspel en tale.

Vanaf 2019 is sy professioneel aktief in die musiekbedryf en het reeds opwindende hoogtepunte bereik, insluitend die wen van die MusicMarvel Competition in 2020. Sy is passievol oor stories wat emosie en betekenis dra en put inspirasie uit alledaagse lewe, mense en oomblikke. Haar veelsydige styl sluit rock, pop en selfs Latyns-Amerikaanse genres in. Sy is ‘n kunstenaar wat daarop fokus om haar gehoor te raak en te inspireer.

Share this article

Recent News

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met splinternuwe album – en eerste enkelsnit, Meisiekind, pas vrygestel
05Sep

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met…

(Sept 2025) Steve Hofmeyr, een van die mees geliefde en…

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love
05Sep

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love

(Sept 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is, vry
15Aug

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is,…

(Aug 2025) Die Afrikaanse sangeres Babette, wat ’n rits treffers…