Fresh out of the Zoo

(Mei 2025)

Alouise se nuwe enkelsnit, Langpad, is ’n unieke en aansteeklike Afrikaanse pop- en rock liedjie. Die enkelsnit is die eerste vrystelling van haar debuut-EP en bevat ‘n verrassende Ierse brug, wat een van haar gunsteling dele van die liedjie is.

Langpad is veel meer as net ’n liedjie, dit is ’n weerspieëling van Alouise se persoonlike en professionele reis oor die afgelope 15 jaar. “Die lirieke vertel van die vreugde en geselskap op ‘n langpad saam met iemand spesiaal, die gedeelde ervarings en die manier waarop julle beurte maak om te bestuur,” sê Alouise. Vir Alouise is die langpad nie net ‘n fisiese reis nie, maar ook ‘n simbool van haar pad as kunstenaar tot waar sy vandag is.

Hierdie enkelsnit het ’n nostalgiese tema wat luisteraars onwillekeurig saamneem op hulle eie herinnerings van lang reise. Die Ierse brug gee ’n onverwagse draai aan die liedjie en is een van haar gunsteling elemente.

Die produksie van die enkelsnit is ’n hoogtepunt in haar loopbaan en sy beskryf dit as die mees egte “Alouise-klank” tot dusver. Dit is die eerste enkelsnit wat 100% haar unieke identiteit as kunstenaar vasvang. Haar vervaardiger, Jaco Smit, het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van hierdie klank en die studio-ervaring was vir haar een van die mees betekenisvolle oomblikke van haar loopbaan.

Luisteraars kan uitsien na die vrystelling van Langpad, wat daarop gemik is om ’n gevoel van vreugde te bring. Alouise hoop dat mense die liedjie sal luister, met ‘n glimlag sal ervaar en sal saam sing. Sy glo die universele tema van reis en die spesiale oomblikke wat daarmee gepaard gaan, sal sterk met die publiek resoneer.

Benewens die vrystelling van haar enkelsnit, beplan Alouise ook ’n musiekvideo vir Langpad, wat onder leiding van Zander de Beer, verfilm word.

Haar EP-vrystelling is ’n groot mylpaal en ’n bewys van haar volharding, kreatiwiteit en liefde vir musiek. Na ’n lang pad in die bedryf, is sy gereed om haar eie musiekverhaal ten volle te deel en haar luisteraars saam te neem op hierdie opwindende reis.

Meer oor die kunstenaar:

Alouise het grootgeword onder haar ma se klavier en het van jongs af ’n liefde vir musiek ontwikkel. Sy het klavier, kitaar en dromme geleer speel en uiteindelik begin liedjies skryf as ’n manier om haar emosies te verwerk, veral in moeilike tye, soos toe haar ouers geskei het.

Sy is al 15 jaar in die musiekbedryf en het haar eie unieke styl ontwikkel. Alouise is geïnspireer deur ’n wye reeks kunstenaars, insluitend The Corrs, Laurika Rauch, Karen Zoid, Alanis Morissette, Taylor Swift en Lize Beekman.

Haar loopbaan sluit in ’n Ghoema-toekenning saam met die span van Buster en Bella, maar vir haar is die grootste prestasie nie toekennings nie, dit is die feit dat sy nou haar eerste EP vrystel.

Alouise is ’n kunstenaar wat haar musiek vanuit haar eie ervarings en emosies skep. Sy glo dat kunstenaars musiek maak om hulle gevoelens uit te druk en om die lewe te navigeer. Luisteraars kan uitsien na die vrystelling van Langpad en haar debuut-EP.

Share this article

Recent News

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met splinternuwe album – en eerste enkelsnit, Meisiekind, pas vrygestel
05Sep

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met…

(Sept 2025) Steve Hofmeyr, een van die mees geliefde en…

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love
05Sep

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love

(Sept 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is, vry
15Aug

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is,…

(Aug 2025) Die Afrikaanse sangeres Babette, wat ’n rits treffers…