Fresh out of the Zoo

(Mei 2025)

Met sy nuutste enkelsnit, Brand in my, bring Janco Dreyer energie en opwindenheid wat luisteraars sal laat saamsing. Al is die lewe soms uitdagend, herinner die liedjie luisteraars daaraan dat ware liefde die kern van ondersteuning en lojaliteit bly. Janco se unieke stem en energieke pop- en rockstyl maak Brand in my ’n treffer vir luisteraars van alle ouderdomme.

Die inspirasie agter hierdie liedjie het ontstaan vanuit Janco se vorige enkelsnit, “Ek sal dit onthou”, wat ‘n verhaal vertel van liefdesteleurstelling. Brand in my is egter ‘n ode aan heelword en die hernuwing van vertroue in liefde. “Hierdie liedjie gaan oor heelword en dat ek steeds in liefde glo,” sê Janco. Hy glo dat daar ‘n spesiale iemand vir elke persoon is en hy hoop dat hierdie boodskap resoneer met luisteraars.

Volgens Janco is Brand in my ‘n kans wat hy vat op wie hy is, ‘n eerlike en rou uitbeelding van sy wêreld. Hy hoop dat hierdie energieke liedjie luisteraars sal raak en saam met hom sal sing.

Die musiekvideo van Brand in my is by die pragtige Villa Avianto in Bloemfontein geskiet en fokus op Janco wat sy drome uitleef, saam met ‘n vroue-sanggroep op die verhoog. Gerduan Kemp se produksie het die visie tot lewe gebring met sy kreatiewe perspektief.

Janco het groot planne vir die toekoms. Hy wil optree so veel as moontlik, lewendige vertonings ervaar, en om eendag ‘n stadion vol te maak is ‘n droom wat hy altyd sal koester. Hy hoop dat Brand in my die hoogtepunt van sy loopbaan sal wees en sy musiek op ‘n groter skaal sal kan deel.

Meer oor die kunstenaar:

Janco Dreyer is ‘n passievolle sanger en liedjieskrywer wat reeds van die ouderdom van 11 af die musiekwêreld betree het. Hy is 25 jaar oud en het ‘n diep liefde vir sing, wat ’n groot passie in sy lewe bly. Sy unieke stem en styl, geïnspireer deur legendes soos Nicolas Louw, Elvis Presley en Queen, maak hom ‘n kunstenaar wat voortdurend streef om die musiekbedryf te verander.

Die afgelope paar jaar het vir Janco baie uitdagings ingehou, insluitend die verlies van sy pa, wat ‘n blywende impak op hom gehad het, maar hy het steeds vasgehou aan sy drome en is tans besig om weer ‘n voet in die deur van die bedryf te kry. Met sy gunsteling aanhaling, “Music can change the world, because it can change people”, herinner Janco ons aan die krag van musiek, ‘n krag wat hy hoop om deur sy eie musiek te deel.

Share this article

Recent News

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met splinternuwe album – en eerste enkelsnit, Meisiekind, pas vrygestel
05Sep

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met…

(Sept 2025) Steve Hofmeyr, een van die mees geliefde en…

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love
05Sep

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love

(Sept 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is, vry
15Aug

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is,…

(Aug 2025) Die Afrikaanse sangeres Babette, wat ’n rits treffers…