Fresh out of the Zoo

(April 2025)

Afrikaanse musiek kry ’n vars stem met die vrystelling van Babette se nuwe enkelsnit, Ons lewe net een keer. Die liedjie, wat ’n unieke kombinasie van Afrikaans, Country en Pop-genre is, is ’n dinamiese storie oor selfontdekking en vryheid na ’n uitdaging in ’n verhouding.

Hierdie enkelsnit is geskryf deur die talentvolle Babette en Mark Beling. Babette deel dat die liedjie geinspireer is deur persoonlike ervarings waar sy haarself in ’n verhouding verloor het. Sy moes leer om terug te keer na haar eie passies en weer haar eie geluk te kies.

Babette verduidelik dat sy wil hê haar musiek moet luisteraars laat voel dat hulle nie alleen is nie. Met Ons lewe net een keer hoop sy dat dit iemand daar buite inspireer om hulself te kies.

Die musiekvideo, wat in Centurion by Babette se ouerhuis geskiet is, voeg ’n speelse gevoel tot die liedjie. Die storie volg ’n meisie wat haar eks se goed teruggee en die huis deurkruis om herinneringe agter te laat. Die produksiespan, insluitend Zander de Beer, Jaco Ras en Michelle Jacobz, het kreatiwiteit en vars idees tot die musiekvideo gebring.

Hierdie enkelsnit kan aanklank vind in die harte van baie luisteraars. Haar vermoë om haar eie emosies en ervarings deel te maak van haar skryfproses, gee haar musiek ’n unieke egtheid en trefkrag.

Meer oor die kunstenaar:

Vir Babette, wat al meer as 20 jaar in die musiekbedryf is, verteenwoordig hierdie enkelsnit ’n verdere stap in die rigting van haar drome. Sy streef daarna om haarself as ’n gesogte liedjieskrywer en kunstenaar te vestig in die musiekbedryf. Haar deelname as semi-finalis in ’n internasionale liedjieskryfkompetisie is een van die hoogtepunte van haar loopbaan en ’n blywende herinnering aan haar passie vir musiek.

Elizabeth Labuschagne, bekend as Babette, het haar debuut op die verhoog gemaak toe sy net 10 jaar oud was en het sedertdien ‘n liefde vir die musiekbedryf gekry. Na ‘n ruskans in haar twintigs, het sy die afgelope drie jaar met hernude energie teruggekeer. Haar musiek gaan hoofsaaklik oor haar eie lewenservarings en die mense rondom haar.

Een van die mees uitdagende beproewings in Babette se lewe was haar oorwinning oor borskanker. Hierdie lewensveranderende ervaring was een van die moeilikste wat sy ooit moes deurmaak, maar dit het haar ook ‘n dieper waardering vir die lewe en sy wonders gegee.

Share this article

Recent News

Babette releases empowering new single, Hey Jack
28Nov

Babette releases empowering new single, Hey Jack

(Nov 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit – Vuur en Vlamme
21Nov

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit…

(Nov 2025) Die immergewilde sanger, liedjieskrywer én radio-aanbieder Martin Bester…

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My Aan ’n Lyntjie
21Nov

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My…

(Nov 2025) Tasha, die talentvolle Afrikaanse sangeres, is terug met…