Fresh out of the Zoo

(14 Junie 2024)

Elvis Blue is ʼn man wat nie skroom om opofferings te maak nie en dit is juis die onderwerp van sy jongste uitreiking getiteld Skoolgeld.

Skoolgeld is ʼn kontemporêre Afrikaanse liedjie uit die musikant se eie pen en sê die liedjie is geskryf vir die persoon vir wie jy met ʼn glimlag “skoolgeld” sal betaal.

“Ek dink almal van ons sal op ʼn manier met hierdie lied kan identifiseer, want almal van ons het hopelik iemand in ons lewe vir wie ons opofferings sal maak.”

Elvis beskryf hoe hy wil hê die luisteraar die liedjie moet ontvang, só: “Ek het al baie na musiek geluister en wanneer ek daarna luister dan is dit vir my asof die kunstenaar sê wat ek sou wou sê, maar ek het nie die woorde gehad nie. Dis ʼn kunstenaar se werk om die woorde te vind.”

Elvis het oor die liedjie begin dink toe hy besig was met die beplanning van sy liefdadigheidsprojek, Elvis Ry Vir Skoolgeld. Met dié fietstoer trap Elvis 1 500 km met sy fiets tussen sy tuisdorp, George, en Mbombela (Nelspruit) om geld in te samel vir behoeftige leerders in samewerking met die Atterbury Trust.

Die musikant sê hy het jare gelede besef hy het geen idee hoe die publiek sy musiek sal ontvang nie, maar dat hy natuurlik hoop luisteraars sal Skoolgeld geniet en aanklank daarby vind.

Elvis sê die liedjies wat treffers geraak het, is nie noodwendig die liedjies wat hy as hoogtepunte in sy lewe ag nie.

Die musikant is bekend vir Afrikaanse liedjies soos “Goud in die vuur”, “Spore”, “Die brug”, “Rede om te glo” en “Gee my net ʼn vriend”.

“Die liedjies wat vir my uitstaan as hoogtepunte, was nie noodwendig treffers nie, maar toe ek na hulle geluister het toe hulle klaar was, het dit vir my gevoel asof ek dit wat ek as kind wou doen, al is dit net op ʼn klein manier, kon regkry. Dis nou nie iets wat in ʼn koerant beland nie, maar vir my is dit vêr meer waardevol.”

Elvis    Blue    se    splinternuwe    enkelsnit,    Skoolgeld     is    nou    beskikbaar    op alle musiekstromingsdienste.

Share this article

Recent News

William Wolf deel sy hart met sy nuwe enkelsnit, Lakens
26Jun

William Wolf deel sy hart met sy nuwe…

(Jun 2026) Die bekende Afrikaanse kunstenaar, William Wolf, is terug…

Babette inspires with her new single, Go Where You Need To Go
26Jun

Babette inspires with her new single, Go Where…

(Jun 2026) Award-winning alternative pop artist Babette returns with her…

Renaldo se nuwe enkelsnit, Droom Te Klein, inspireer ’n generasie
17Jun

Renaldo se nuwe enkelsnit, Droom Te Klein, inspireer…

(Jun 2026) ’n Bekende stem in die Afrikaanse musiekbedryf is gereed om…