Fresh out of the Zoo

(19 April 2024)

Vir sy jongste enkelsnit getiteld Hittegolf, het Liam Black inspirasie geput uit ʼn reeks herinneringe saam met sy verloofde.

Die liedjie is geskryf deur die musikant en vervaardiger Ruan Graaff en Faraway George.

Hittegolf is ʼn pop-rock snit en is geskryf as ʼn memento van Liam se verlowing.

“Ek wil hê my gehoor moet weet wie ek is en hulle moet saam my groei. Ek is lief vir my verloofde en ek is ʼn kind van God,” vertel Liam.

Hy sê Hittegolf is ʼn opgewekte liedjie wat mense se voete sal laat jeuk.

“Ek glo luisteraars sal met die liedjie vereenselwig en dat dit selfs nuwe liefde kan inspireer.”

Liam wil met sy musiek ook meer mense inspireer om hulle drome na te jaag. “Al is die massas teen jou, kan jy liefde kies en nie skaam wees daaroor nie.”

Sy volgende stap is om met die liefde van sy lewe voor die kansel te staan en om voor duisende mense op te tree.

Hy ag sy optrede saam met Jo Black as ʼn hoogtepunt in sy loopbaan. “Ons het saam Sugarman

van Rodrigues gesing.”

Meer oor die kunstenaar:

Liam Black is die afgelope agt jaar doenig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Hy het as klein seuntjie sy oom sien optree by ʼn restaurant. Dis waar hy besluit het hy wil ook eendag dieselfde doen en vandaar het sy passie vir musiek en ʼn loopbaan in musiek gegroei.

Liam tel Jo Black, Francois van Coke, Dodo en Barto as sy inspirasies in die musiekbedryf en sê hy skryf musiek oor die seisoen waarin hy homself bevind. Hy wil hê sy luisteraars moet weet wie hy is en waarmee hy besig is.

Op internasionale gebied hou Liam van Nickelback, en sê plaaslike groepe soos Glaskas, Spoegwolf, en Ef-El het ʼn invloed op sy musiek.

Hy som sy musiekstyl op as moderne pop-rock in Afrikaans wat uniek is aan homself.

Liam het ʼn swartbelt in MMA.

Hy is tans besig om te werk aan ʼn kortalbum en om sy troue te beplan.

Share this article

Recent News

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met splinternuwe album – en eerste enkelsnit, Meisiekind, pas vrygestel
05Sep

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met…

(Sept 2025) Steve Hofmeyr, een van die mees geliefde en…

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love
05Sep

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love

(Sept 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is, vry
15Aug

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is,…

(Aug 2025) Die Afrikaanse sangeres Babette, wat ’n rits treffers…