Fresh out of the Zoo

(22 Maart 2024)

Elkeen in ʼn verhouding sal weet presies waaroor Alida Lief sing in haar jongste enkelsnit getiteld Jou Maniere.

Die opgewekte popliedjie is ʼn prettige snit oor die klein jakkalsies in ʼn verhouding, soos wanneer jou maat nie die proppie op die tandepasta terug te sit of om die kasdeure toe te maak as hulle klaar is nie.

Só beskryf Alida die tema van haar jongste enkelsnit en sê dit is tot dusver haar gunsteling- enkelsnituitreiking.

Sy het kragte gesnoer saam met Richann Brüssow en Murray Lubbe, bekroonde vervaardigers en skrywers, om Jou Maniere te skryf.

“Hierdie liedjie gaan oor daai klein dingetjies wat jou ander helfte doen wat jou mal maak, maar as daardie persoon nie daar is nie voel jy leeg en mis jy elke deel van daardie persoon,” verduidelik Alida.

Volgens die jong sangeres beskryf Jou Maniere haar emosies en wie en wat sy is. “Die liedjie is geskryf en eers nadat ons klaar was, het ek besef dit het betrekking tot my eie lewe.”

Alida hoop luisteraars sal aanklank vind by die liedjie en dat hulle ʼn deel van hulleself in die

liedjie sal sien.

“Dit is ʼn goed-voel liedjie wat betrekking kan hê op enige iemand in enige tipe verhouding. Ek

hoop luisteraars geniet dit en sing saam.”

Alida droom daarvan om ʼn huishoudelike naam te wees en om eendag voltyds te sing. “Dit sal ʼn baie groot voorreg wees.”

Hoewel sy sukkel om ʼn hoogtepunt van haar loopbaan uit te sonder, sê dit was beslis ʼn droom

wat bewaarheid is om saam met Richann en Murray aan Jou Maniere te werk.

Sy het ook al die voorreg gehad om die verhoog te deel met gesoute kunstenaars soos Elandré, Nadine, Steve Hofmeyr en Karlien van Jaarsveld.

ʼn Prettige liriekevideo word vir Jou Maniere beplan. Die enkelsnit volg op vorige suksesvolle

uitreikings deur Alida soos “Meer as ʼn meisie”, “Boere Country” en “Nog ʼn kans”.

Meer oor die kunstenaar:

Alida Lief is ʼn 26-jarige sangeres en liedjieskrywer wat sowat 11 jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf doenig is.

Sy het van kleins af daarvan gedroom om ʼn sanger te wees en sê sy kon sing voordat sy kon loop of praat.

Op eie bodem inspireer kunstenaars soos Corlea Botha, Nádine, Johan C Venter, Joe Foster en Elandré haar. Haar liedjies word ook geïnspireer deur die mense rondom haar.

Die afgelope dekade in die musiekbedryf het haar geleer om uithouvermoë en baie geduld te hê. Die grootste uitdaging wat sy egter tot dusver moes oorkom is haar skoolloopbaan. Sy sê dit was ʼn moeilike tyd waartydens sy deurgeloop het onder boelies.

Haar vorige enkelsnituitreiking, “Boere Country”, het die no. 1-posisie op die radiostasie Bosveld Stereo gehaal. Sy het ook die geleentheid gehad om saam met die omroeper en sanger Francois van Rensburg aan die musiekvideo te werk.

Sy het ook ’n merkwaardige mylpaal behaal deur twee gesogte toekennings van Melomaan Gala vir ‘Afrikaanse Liedjie van die Jaar’ met Boerecountry en die titel van ‘Sangeres van die Jaar’ te verseker, wat haar posisie as prominente figuur in die musiekbedryf verstewig.

Share this article

Recent News

Onike vier Kersfees saam met familie en geloof
12Dec

Onike vier Kersfees saam met familie en geloof

(Des 2025) Die nuwe enkelsnit van Onike, getiteld Ek En My Huis, bring ’n vars en diep betekenisvolle klank na…

Babette releases empowering new single, Hey Jack
28Nov

Babette releases empowering new single, Hey Jack

(Nov 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit – Vuur en Vlamme
21Nov

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit…

(Nov 2025) Die immergewilde sanger, liedjieskrywer én radio-aanbieder Martin Bester…