Fresh out of the Zoo

(1 Desember 2023)

Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker is: As jy Boerepop oor die luidsprekers gooi, ontstaan daar ‘n Boerejol wat onverbeterlik is!

Daarom het die sanger en media persoonlikheid Martin Bester saam met die liedjieskrywer Rouxan Cloete gespan om ‘n splinternuwe Afrikaanse somertreffer, BOEREPOP, te skryf.

Martin is met BOEREPOP slaggereed om hierdie somer al wat ‘n fees en partytjie is behoorlik op horings te neem.

“Die goedvoel-liedjie is vir mense wat weet hoe om hard te werk en dan lekker hard te kuier!” sê Martin oor die boodskap van die liedjie.

“Afrikaanse feeste en kuierplekke is ongelooflik lekker en ek wou graag my liedjie daaroor opneem.”

Martin se stem is deur Paulo Azevedo van Coleske Artists opgeneem en Dirk van Niekerk het die liedjie in die Kaap gemeng en vervaardig.

“Dit was die eerste keer wat ek saam met Dirk werk, en wat ‘n voorreg! Hy weet presies hoé Boerepop moet klink!”

Die prettige musiekvideo vir BOEREPOP skep ‘n agter-die-skerms, toer-gevoel met gekombineerde beeldmateriaal van Martin se lewendige optredes, soos by die onlangse Groot Jol-konsert by die Voortrekkermonument in Pretoria.

“Ons gebruik baie skote van feeste en konserte waar ek op die verhoog is maar ook agter die skerms en van die gehore.”

Martin het in 2021 die treffersnit “Lilly” uitgereik en het ook onlangs saam met die kletsrymer Loufi die treffer “Disco Damage” uitgereik.

Martin is ook bekend as omroeper van die ontbytprogram, Breakfast with Martin, op Jacaranda FM.

Wys ons met ‘n DANS-VIDEO presies HOE LYK BOEREPOP en WEN!

Leisure & Adventure gaan vir een Boerepop-danser wat die beste dans ‘n kontantprys van R30 000 gee. Dis nie al nie! As die danser klere van Leisure & Adventure dra in die video, verdubbel die prys na R60 000!

Waarvoor wag jy? Wys vir ons jou BOEREPOP!

*Terme & Voorwaardes geld

*Wenners word 20 Desember 2023 aangekondig

*Wenners onder 18 se wetlike voog sal die kontantprys namens hulle ontvang.

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…