Fresh out of the Zoo

(1 Desember 2023)

(Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki Rothman – KVN Music Publishing/Active Music Publishing)

Suid-Afrikaners hou daarvan om vir hul geliefdes boodskappe te stuur op die radio, soms sit hulle langs mekaar op die bank en luister hoe die een vir die ander een ‘n boodskap stuur of liedjie opdra.

Die ding wat radio spesiaal maak is dat jy dit oral saam met jou kan neem, meeste radiostasies het ‘n stroomdiens waar jy reg oor die wêreld na jou gunsteling radiostasie kan luister.

Hierdie Kersfeesliedjie gaan juis hieroor. Daar is so baie Suid-Afrikaners wat in ander lande werk of woon en almal het familie of vriende na wie hulle verlang, veral oor die feestyd.

Die “boodskap” het ook ‘n dubbelsinnige betekenis, want dit is ‘n boodskap wat jy stuur vir jou geliefdes, maar dit is ook die boodskap van Kersfees wat soms verlore raak en waaraan ons die luisteraars net weer wil herinner.

Boodskap op die Radio is ‘n vars nuwe Kersfeesliedjie wat vervaardig is deur die talentvolle Loki Rothman. Dit verpersoonlik die vreugde en samesyn wat die feesseisoen bring.

Dit is ‘n lekker luister goedvoel treffer waarop jy selfs oujaarsaand in die kombuis sou kon sokkie as jy wou, maar dit bring ook daardie nostalgiese gevoel van ouma wat by die radio sit om haar kleinkinders se boodskap te hoor wat nou in Londen bly.

Boodskap op die Radio is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms, so as jou kersboom nog nie op is nie kan jy hierdie liedjie op herhaal sit terwyl jy dit opsit.

Share this article

Recent News

Suid-Afrikaanse 10-jarige as Wêreldkampioen gekroon – op die verhoog waar Elvis Presley geskiedenis gemaak het
03Aug

Suid-Afrikaanse 10-jarige as Wêreldkampioen gekroon – op die…

(Jul 2026) Suid-Afrika het ‘n nuwe wêreldkampioen om te vier…

Meer as net ‘n medalje: Hoe twee Suid-Afrikaners wys dat groot mylpale met klein treë begin
17Jul

Meer as net ‘n medalje: Hoe twee Suid-Afrikaners…

(Jul 2026) Vir baie mense lyk ‘n wêreldkampioenskap soos die…

William Wolf deel sy hart met sy nuwe enkelsnit, Lakens
26Jun

William Wolf deel sy hart met sy nuwe…

(Jun 2026) Die bekende Afrikaanse kunstenaar, William Wolf, is terug…