Fresh out of the Zoo

(17 November 2023)

Die val van Ikaros in die Griekse mitologie inspireer metafories die nuwe alternatiewe enkelsnit getiteld Vlieg te naby aan die son, deur die sanger en liedjieskrywer Robert Bolton. 

Robert en Hunter Kennedy, bekend as liedjieskrywer en sanger vir onder meer Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties, het saam aan Vlieg te naby aan die son geskryf. 

Volgens die Griekse mitologie het Ikaros vlerke van vere geskenk gekry nadat hy baie ongelukkig was met sy pa. Dié geskenk was vir hom alles. Soveel so dat hy nie kon glo hoe vry en sielsgelukkig hy is nie.  

Hy het net gefokus op wat hy het en nie geluister na wat belangrik is nie. Hy het toe te naby aan die son gevlieg en dit wat sy vlerke aanmekaar gehou het, het gesmelt en veroorsaak dat hy terug aarde toe val.  

“So het ek in my vorige verhouding nie kon glo hoe gelukkig ek is nie. Ek het so baie tyd bestee op hoe gelukkig die verhouding my maak, dat ek die belangrike aspekte van my lewe tweede geplaas het wat gelei het tot ek wat in die proses myself afgeskeep het en net op die verhouding gefokus,” verduidelik Robert die boodskap van die liedjie. 

“Dit het druk op die verhouding geplaas, totdat die druk te veel was en ons verhouding moes beëindig sodat ons vir eers terug aarde toe moet val, seerkry om te kan groei en eers onsself liefhê voor ons paaie moontlik weer kruis.” 

Robert, wat ook aan die sangkompetisie Die Kontrak 2 deelgeneem het, glo luisteraars sal aanklank vind by die ervaring waaroor hy skryf in Vlieg te naby aan die son.  

“Almal se harte breek iewers in hulle lewe en ek glo die liedjie beeld dit mooi uit dat al gee jy te veel vir ;n verhouding en dit vir eers moet eindig, is daar altyd hoop. Om te glo. Nie noodwendig in die verhouding nie, maar dat mens net sterker raak as mens deur die seer werk.  

“Ongelukkig was Ikaros nie so gelukkig nie aangesien hy dood was, maar sy dood beeld die einde van ons verhouding uit.” 

Die sanger wou graag die emosies wat hy beleef het deur die liedjie oordra en sluit af met die boodskap: “Dit is oukei om te val, maar ‘n mens moet opstaan. Dit is nie maklik nie, maar ‘n mens kom sterker anderkant uit.” 

Die musiekvideo vir Vlieg te naby aan die son is geskiet teen die agtergrond van ‘n pragtige sonsondergangs en skep die gevoel van te naby aan die son wees.  

Dit is geskiet by ‘n afgeleë treinstasie in Cullinan en skep ‘n majestueuse gevoel, aangesien dit in “slo-mo” verfilm is terwyl die son sak. 

Robert het onlangs getref met sy pop-punk snit, “Dans in Afrikaans”. Hy het sy debuut gemaak met die liedjie “Toy Train” nadat hy aan Die Kontrak 2 deelgeneem het. 

“Ek is van plan om nog musiek uit te bring. Deur die gebroke hart, het ek baie spesiale musiek geskryf en sien uit daarna om dit te deel.” 

Meer oor die kunstenaar: 

Musiek het nog altyd ʼn integrale rol in Robert Conradie, oftewel Robert Bolton, se lewe gespeel en leef hy van kleins af vir die musiek- en dramawêreld.  

Robert het op sesjarige ouderdom begin klavier speel en sing. Hy het sy vroeë jare in Vredendal deurgebring voordat sy gesin na Stellenbosch verhuis het.  

Robert het sy musikale reis voortgesit en terwyl hy sy skoolopleiding voltooi het. Die sanger is bekend vir sy veelsydige musiekstyl, maar blink uit in rock, soul en blues.  

Hy woon tans in Kaapstad saam met sy suster, wat hy ook tel as een van sy musikale en kunstige inspirasies. Hy sê hy sien uit daarna om haar kunswerke, wat relevant is tot sy musiek, met sy luisteraars te deel. 

Robert het ná matriek aanvanklik geregistreer om BEMC (Bachelor in Emergency Medical Care) te studeer. Sy stokperdjies sluit abseiling, kransspring, voetslaan, bergfietsry en branderplankry in. 

Wanneer hy na musiek luister, is Robert mal oor Gospel Blues en sielmusiek, maar hy is ook ‘n groot aanhanger van alternatiewe rock en ballades.  

Hy is lief vir die natuur en geniet dit om oor diere, voëls en plante te leer en te gesels. 

Robert kry musikale inspirasie van plaaslike en internasionale musikante soos Lewis Capaldi, Kaleo, Justin Bieber, Francois van Coke, en Spoegwolf.

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…