Fresh out of the Zoo

(27 Oktober 2023)

Blitse Skugter is die titel van SHY! en Jan Bloukaas se splinternuwe samewerkingsnit, wat handel oor die tye wanneer mens regtig groei ervaar in jou karakter.  

Gewoonlik hou mense daarvan om te dink groei vind plaas in die tye wanneer ‘n mens sterk voel, maar die groei gebeur eintlik in die tye wanneer jy juis kwesbaar voel.   

Blitse Skugter is ‘n alternatiewe pop-liedjie. Die melodie is geskryf deur SHY! en Jan Bloukaas. Die musikant Faraway George het hoofsaaklik die lirieke geskryf. 

“Al wat Jesus van ons verwag is net om te probeer om daagliks te groei, fisiek en geestelik. Dit is nie noodwendig sy wil dat ons alles in orde moet hê en reg in plek te hê nie,” sê die kunstenaar. 

Hoewel hy nie kan voorspel hoe luisteraars Blitse Skugter gaan ontvang nie, hoop hy dat mense kan vereenselwig met die boodskap van die liedjie. 

“Ek sal daarvan hou om te weet iemand daar buite voel minder alleen as hulle hoor ons almal het swak tye en werk aan onsself. Dat daar tye is wanneer jy beter voel, ligter voel nadat die storm verby is en dit is ‘n menslike proses.” 

SHY! is die kantprojek van die musikant en liedjieskrywer Ruan Graaff, ook bekend as vervaardiger van Dee Graaff Productions.  

Die musikant beplan om nog musiek uit te reik en is druk besig in die ateljee.  

“Om saam met Jan Bloukaas te werk aan Blitse Skugter is een van my loopbaanhoogtepunte.” 

Meer oor die kunstenaar 

Ruan Graaff het as vierjarige begin kitaar speel en het direk na skool in die musiekbedryf as musikant sy brood en botter te begin verdien. 

As musiekvervaardiger is hy en sy vriend, Deon Dee, aan die stuur van die produksiemaatskappy, Dee Graaff Productions. 

Dié span neem verskeie kunstenaars, soos Riana Nel, Elandré en Gerhard Steyn se musiek op. Ruan tree ook as kitaarspeler op vir kunstenaars soos Jo Black, Lee Cole, Brendan Peyper, Refentse en Bouwer Bosch. 

Ruan sal nog saam met Appel, Francois van Coke en Danny Smoke wil werk. 

Outentiekheid is vir Ruan baie belangrik en sê hy luister graag na diep, emosionele musiek, sowel as hiphop en metal. 

Ruan beskryf sy eie musiekstyl ook as outentiek en anders. 

Ruan is vroeër vanjaar vir ‘n Aitsa-musiektoekenning benoem vir beste instrumentele liedjie vir “Harmony”. 

Share this article

Recent News

Henry van Dyk in duet met Charlotte Benjamin
13Feb

Henry van Dyk in duet met Charlotte Benjamin

(Feb 2026) HENRY VAN DYK SE NUWE VRYSTELLING “GOODNESS OF…

Onike se Eers Vir My Hou kry binnekort ’n nuwe weergawe
30Jan

Onike se Eers Vir My Hou kry binnekort…

(Jan 2026) Ons is baie opgewonde dat Onike se geliefde…

Babette confronts pain with purpose with new single, Stronger Than A Phoenix
30Jan

Babette confronts pain with purpose with new single,…

(Jan 2026) South African artist Babette announces the release of…