Fresh out of the Zoo

(27 Oktober 2023)

Die aantreklike blouoog-sanger Ruan Josh se aanhangers sal dit moontlik moeilik vind om te glo, maar hy bieg met sy jongste enkelsnit Ek Sukkel dat dit vir hom ‘n uitdaging is om met ‘n mooi meisie te praat! 

Ek Sukkel is ‘n Afrikaanse sokkieliedjie uit Ruan se eie pen. Sy suster, die ewe bekende sangeres, liedjieskrywer en vervaardiger, Franja du Plessis, het die liedjie geskryf. 

Die tong-in-die-kies-liedjie is op ‘n ligter trant geskryf en is geïnspireer deur Ruan se ontmoeting met ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika-skoonheid. 

“Ek het ‘n uitdaging om met mooi dames te gesels. Ek bloos myself bloedrooi!” lag Ruan. 

Ek Sukkel die volgende enkelsnit vanaf Ruan se jongste vollengte album, “Wysers”. Hy het voorheen getref met die snitte “Ligte Af” en “Vat die houe”. Hy beplan om in 2024 landswyd te toer met die album. 

Hy sê die uitreiking van die album is vir hom ‘n groot hoogtepunt in sy loopbaan, en is hy baie trots op die klank en vervaardiging van die album.  

Hoewel die musiekvideo vir Ek Sukkel nog in die beplanningsfase is, verklap Ruan die gesoute videomakers Eric T Graham en Tehan Buys is betrokke by die produksie. Hulle het ook die video vir “Ligte Af” vervaardig. 

Volgens Ruan gaan luisteraars die oorwurm-popsnit baie goed ontvang. 

“Ek voel dis my sterkste danssnit nóg. Solank hulle iemand naby aan hulle vastrek en dans, dan het ek bereik wat ek wou!” 

Meer oor die kunstenaar:  

Ruan Josh is al 14 jaar voltyds in die musiekbedryf doenig. Hy is sedert sy kleintyd versot op musiek en het in ʼn musikale huis grootgeword waar ʼn liefde vir country en Afrikaanse musiek by hom gekweek is. 

Ruan geniet dit om in die natuur te wees en kan vir dae aaneen op sy eie klaar kom. Hy skerts en sê sy eie geselskap is sy gunsteling-geselskap.   

Hy put inspirasie uit verskeie ander kunstenaars, maar sê hy sal nog graag saam met die groepe Posduif of Rubber Duc wil werk.   

Hy sal ook altyd saam met sy ma en suster, die sangeresse en liedjieskrywers Juanita en Franja du Plessis, wil optree.  

As hy nie meer in die musiekbedryf werksaam is nie, sal hy homself voltyds op boerdery toespits. 

Ruan is tans besig met ʼn nuwe album en ʼn groot Afrikaanse projek waaroor hy nog nie te veel kan verklap nie. Hy is ook bestuurder van sy platemaatskappy se inhoud. 

Die album “Kaalvoetkind” saam met Juanita en Franja du Plessis het platinumstatus bereik met ʼn verkope van meer as 20 000 on-demand streams en aflaaie en fisiese verkope gesamentlik. 

“Just an illusion”, ook saam met Juanita en Franja du Plessis, het multiplatinumstatus bereik met meer as 100 000 eenhede on-demand streams, aflaaie en fisiese verkope gesamentlik. 

Ruan se debuutalbum “Eggo” het goue status bereik met ʼn verkope van 15 000 eenhede. “Provider” vaar steeds baie goed en is al meer as 2,3 miljoen keer gestroom oor alle platforms.  

Sy jongste enkelsnitte, “Ligte af”, “Vat die houe” en “Ek Sukkel” verskyn in die album, Wysers. 

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…