Fresh out of the Zoo

(27 Oktober 2023)

Die jong sangeres en liedjieskrywer Alida Lief se nuwe uitreiking, Boerecountry, skets ‘n prentjie oor al die dinge waarvan Suid-Afrikaanse boere hou teen die agtergrond van ‘n plaasmeisie wat haar stadsjapie-kêrel huis toe vat. 

In Boerecountry, wat deur Alida Lief, Murray Lubbe en Richann Brüssow van Reën-faam geskryf is, vertel Alida Lief die verhaal van ‘n plaasmeisie wat vir haar stadsjapie-kêrel verduidelik hoe dinge werk op die plaas. 

Dié saamsing-liedjie is in ‘n ligte trant geskryf met die doel om iets te skep waarby luisteraars sal aanklank vind.  

“Ongeag of jy regtig op ‘n plaas of in die stad woon, as jy Afrikaans is, is jy ‘n boer in jou hart,” verduidelik Alida Lief. 

Sy bieg sy het nie voorheen gedink sy sou iets soos Boerecountry sing nie, maar is sy opgewonde om met haar jongste uitreiking uit haar gemaksone te klim. 

Alida Lief droom daarvan om te groei as kunstenaar en aan te hou sing om haar droom te kan uitleef.  

“Ek hoop om mense daardeur te inspireer om ook hulle eie drome na te jaag,” sê sy. 

Meer oor die kunstenaar: 

Alida Lief is ‘n 25-jarige sangeres en liedjieskrywer wat sowat 10 jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf doenig is. 

Sy het van kleins af daarvan gedroom om ‘n sanger te wees en sê sy kon sing voordat sy kon loop of praat. 

Op eie bodem inspireer kunstenaars soos Corlea Botha, Nádine, Johan C Venter, Joe Foster en Elandré haar. Haar liedjies word ook geïnspireer deur die mense rondom haar. 

Die afgelope dekade in die musiekbedryf het haar geleer om uithouvermoë en baie geduld te hê. Die grootste uitdaging wat sy egter tot dusver moes oorkom is haar skoolloopbaan. Sy sê dit was ‘n moeilike tyd waartydens sy deurgeloop het onder boelies. 

Haar vorige enkelsnituitreiking, “Ek wag geduldig”, het die no. 1-posisie op die radiostasie Bosveld Stereo gehaal. Sy het ook die geleentheid gehad om saam met die omroeper en sanger Francois van Rensburg aan die musiekvideo te werk. 

Share this article

Recent News

William Wolf deel sy hart met sy nuwe enkelsnit, Lakens
26Jun

William Wolf deel sy hart met sy nuwe…

(Jun 2026) Die bekende Afrikaanse kunstenaar, William Wolf, is terug…

Babette inspires with her new single, Go Where You Need To Go
26Jun

Babette inspires with her new single, Go Where…

(Jun 2026) Award-winning alternative pop artist Babette returns with her…

Renaldo se nuwe enkelsnit, Droom Te Klein, inspireer ’n generasie
17Jun

Renaldo se nuwe enkelsnit, Droom Te Klein, inspireer…

(Jun 2026) ’n Bekende stem in die Afrikaanse musiekbedryf is gereed om…