Fresh out of the Zoo

(13 Oktober 2023)

Die jong sangeres Danyel se stem waai soos ʼn vars briesie deur die Afrikaanse popmusiekwêreld en haar splinternuwe saam-sing- popsnit, Hart, is pas uitgereik. 

Hart is geskryf deur die bekroonde sanger en liedjieskrywer Rudi Claase en is ʼn Afrikaanse popliedjie met elektroniese klanke. 

Dit gaan oor iemand van wie die 17-jarige sangeres al ʼn rukkie hou en elke keer as sy hom sien wonder sy of hy dieselfde oor haar voel.  

“Ek sit myself bietjie daar buite om my hart so te ontbloot maar as ek dit nie doen nie, gaan ek nooit weet of ons gevoelens vir mekaar dieselfde is nie,” sê Danyel, ʼn gr. 11-leerder. 

“Op die oomblik dink ek dis seker die lekkerste gevoel om ʼn ‘crush’ te hê op iemand en te probeer uitvind of hy dieselfde oor jou voel. Soms werk dit uit en soms werk dit nie uit nie, maar om daai pad te stap is baie opwindend. Hart verduidelik dit baie mooi uit ʼn jongmens se oogpunt.” 

Danyel het verlede jaar in Los Angeles, VSA, aan die Wêreld Kampioenskappe vir uitvoerende kunste deelgeneem en het brons en silwer medaljes huis toe gebring. 

Haar grootste hoogtepunt was toe sy verlede jaar die jaarlikse PACISA (Performing Arts Community in South Africa) -kompetisie gewen het. “Ek werk al vir vyf jaar daarvoor en toe ek hoor ek het gewen was ek ongelooflik bly en dankbaar.” 

Meer oor die kunstenaar: 

Danyel is ʼn vars stem in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy is 17 jaar oud en is tans besig om haar gr. 11-jaar te voltooi. 

Vandat sy kan onthou het sy ʼn liefde vir musiek en droom sy daarvan om die musiekbedryf voltyds te betree na skool.  

Danyel se ma noem haar “happy girl” omdat sy ʼn gelukkige mens is en sy glo die lewe sal goed wees vir jou as jy positief en goed vir die lewe is. 

Sy neem die afgelope ses jaar sanglesse by Adri Mocke en het dadelik begin deelneem aan sangkompetisies. Sy het in 2018 regstreeks op ʼn radiostasie gesing. 

Danyel is mal oor Spoegwolf en Die Heuwels Fantasties. Sy sing in verskeie genres en is mal oor alle goeie musiek, en kies sy liedjies volgens dit wat met haar hart praat en wat by haar persoonlikheid pas.  

Sy is tans besig om ʼn pad met PACISA en The Marketing Zoo te stap om haar loopbaan te bou. 

Share this article

Recent News

Babette releases empowering new single, Hey Jack
28Nov

Babette releases empowering new single, Hey Jack

(Nov 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit – Vuur en Vlamme
21Nov

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit…

(Nov 2025) Die immergewilde sanger, liedjieskrywer én radio-aanbieder Martin Bester…

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My Aan ’n Lyntjie
21Nov

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My…

(Nov 2025) Tasha, die talentvolle Afrikaanse sangeres, is terug met…