Fresh out of the Zoo

(10 Oktober 2023)

Die sanger en liedjieskrywer Robbie Wessels is behoorlik begeesterd deur die Rugbywêreldbeker wat tans in Frankryk plaasvind en tref weer met nog ‘n rugbysnit –dié keer ‘n ode aan die geliefde Springbok-slot Eben Etzebeth.

Die liedjie, getiteld Eben Etzebeth, is uit Robbie se eie pen en vereer die speler vir sy vreesloosheid as rugbyspeler en sy ongelooflike talent vir die spel.

Eben Etzebeth se genre is ‘n kombinasie van folk en komedie en is ‘n lekker geesvang-liedjie met ‘n oulike storie.

“Ek dink Eben Etzebeth het al sulke diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap dat ek gevoel het ‘n liedjie is in orde,” sê Robbie oor die inspirasie vir die liedjie.

“Ek het ook die voorreg gehad omhom te ontmoet by ‘n funksie net ná die Rugbywêreldbeker in 2019. Nadat ek met hom gesels het, het ek besef hier is ‘n ou met ‘n groot hart wat boonop nog nederig ook is en ek glo hy gan nog dieper spore trap as wat hy reeds het.”

Robbie sê hy geniet dit baie om rugbyliedjies te skryf en om iemand spesifiek te vereer, veral as die persoon ook dan van die liedjie hou.

Hy glo en hoop luisteraars sal die saamsing-liedjie baie geniet omdat dit ‘n lekker storie van Eben Etzebeth vertel en hoop die liedjie laatluisteraars op eie bodem ook trots Suid-Afrikaans voel.

“Die lied beskryf hom lekker. Sy passie. Sy vreesloosheid. Dat sy teenstanders versigtig moet wees vir hom, want hy is kookwater, sterk en vinnig.”

Robbie het ook onlangs met die rugbytreffer “Hiep Hiep Hoera” getref. Hy beplan om landswyd te toer saam met sy orkes en sien uit daarna om meer toneel te speel en programme aan te bied.

Meer oor die kunstenaar:

Robbie Wessels is al sedert 2002 doenig in die musiekbedryf. Hy is ook ʼn benoemde akteur bekendvir sy rol as Poena in die gelyknamige fliek, asook die reeks op kykNET.

Robbie is ʼn plaasjapie wat lief is vir reis en om te sing vir die mense van Suid-Afrika. As hy op die langpad is en hy kry ʼn gedagte wat hom laat lag of inspireer, pen hy daar en dan ʼn liedjie daaroor. Ander mense se interessante stories inspireer ook sy lirieke.

Hy beskryf homself as ʼn storieverteller met ʼn rasperstem. Hy is veral bekend vir liedjies soos Halley se komeet, Die leeuloop, Bobjan, Mphe di Hoenor enSluise van die hemel.

Robbie het ook in 2015 in Kanada en Londen gesing en ‘n paar Rugbywêreldbeker-wedstryde gekyk en het ook die voorreg gehad om die Springbokke teen Wallis op die stadion in Londen te sien.

Die Sluise van die Hemelwat ek geskryf het en saam Bok van Blerk gesing het het die mees gestroomde liedjie toekenning gewen in 2018 en het al meer as 10 miljoen views op Youtube.

Mphe di hoenor se musiekvideo het ook 10 miljoen kykeop Youtube.

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…