Fresh out of the Zoo

(15 September 2023)

Die musiekvideo vir Vat Die Houe het ʼn eenvoudige konsep, met ʼn enkelskoot van Ruan wat in die kamera sing. Dit is saam met Donovan Ekron geskiet by sy ateljee in Waterkloof, Pretoria.
Vat Die Houe is die volgende enkelsnit vanaf Ruan se splinternuwe vollengte album getiteld Wysers. Dit volg op die treffer-oorwurm Ligte Af, wat vroeër vanjaar uitgereik is.
“Ek is baie opgewonde hieroor, want ek voel dis my beste werk tot dusver.”

Meer oor die kunstenaar:
Ruan Josh is al 14 jaar voltyds in die musiekbedryf doenig. Hy is sedert sy kleintyd versot op musiek en het in ʼn musikale huis grootgeword waar ʼn liefde vir country en Afrikaanse musiek by hom gekweek is.
Ruan geniet dit om in die natuur te wees en kan vir dae aaneen op sy eie klaar kom. Hy skerts en sê sy eie geselskap is sy gunsteling-geselskap.
Hy put inspirasie uit verskeie ander kunstenaars, maar sê hy sal nog graag saam met die groepe Posduif of Rubber Duc wil werk.
Hy sal ook altyd saam met sy ma en suster, die sangeresse en liedjieskrywers Juanita en Franja du Plessis, wil optree.
As hy nie meer in die musiekbedryf werksaam is nie, sal hy homself voltyds op boerdery toespits.
Ruan is tans besig met ʼn nuwe album en ʼn groot Afrikaanse projek waaroor hy nog nie te veel kan verklap nie. Hy is ook bestuurder van sy platemaatskappy se inhoud.
Die album “Kaalvoetkind” saam met Juanita en Franja du Plessis het platinumstatus bereik met ʼn verkope van meer as 20 000 on-demand streams en aflaaie en fisiese verkope gesamentlik.
“Just an illusion”, ook saam met Juanita en Franja du Plessis, het multiplatinumstatus bereik met meer as 100 000 eenhede on-demand streams, aflaaie en fisiese verkope gesamentlik.
Ruan se debuutalbum “Eggo” het goue status bereik met ʼn verkope van 15 000 eenhede. “Provider” vaar steeds baie goed en is al meer as 2,3 miljoen keer gestroom oor alle platforms.

Share this article

Recent News

Babette releases empowering new single, Hey Jack
28Nov

Babette releases empowering new single, Hey Jack

(Nov 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit – Vuur en Vlamme
21Nov

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit…

(Nov 2025) Die immergewilde sanger, liedjieskrywer én radio-aanbieder Martin Bester…

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My Aan ’n Lyntjie
21Nov

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My…

(Nov 2025) Tasha, die talentvolle Afrikaanse sangeres, is terug met…