Fresh out of the Zoo

(14 April)

Wesna se splinternuwe enkelsnit, Avontuur, beskryf die lewensreis vol oomblikke saam met ‘n geliefde. 

Avontuur is ‘n opgewekte popliedjie wat die verhaal vertel van twee persone wat mekaar so goed aanvul en dit maak die avontuur absoluut perfek. 

Dié enkelsnit is uit Hugo Ludik en Nick Jordaan se pen. “Die begin van ‘n nuwe lewe saam,” verduidelik Wesna die inspirasie van die liedjie. 

Die sangeres is onlangs met JT getroud en daarom pas die liedjie perfek by die fase waar sy haar tans in haar lewe bevind. 

“Dit is nou die beste tyd van my lewe. Hy is die perfekte persoon om elke aand onder die maan te spandeer en die lewensreis aan te durf,” koer Wesna. 

Wesna glo luisteraars kan met Avontuur vereenselwig. Vir diegene wat nie op ‘n liefdesreis is nie, kan dit ook simboliek wees vir enige ander avontuur wat hulle onlangs onderneem het of beplan. 

“Avontuur is ‘n breë term wat soveel kan insluit, so ek glo die publiek sal dit goed ontvang,” verduidelik Wesna. 

Die oorwurm het ‘n voetstampritme wat luisteraars na die dansvloer sal lok. Dit is egter vir Wesna steeds belangrik om liedjies te sing met lirieke wat betekenis het, en juis daarom hoop sy dat Avontuur ‘n impak maak op iemand se lewe. 

Wesna se droom is om ‘n haar passie vir musiek voltyds uit te leef. ‘n Nuwe liedjie gaan ook binnekort die lig sien, waaroor sy baie opgewonde is. 

Sy is ook opgewonde vir Avontuur om een van luisteraars se gunstelinge te word. “Hierdie keer werk ek saam met ‘n ander span, wat ‘n lekker ontwikkeling is,” sê Wesna. 

Wesna beplan om die publiek by haar musiekvideo vir Avontuur in te sluit. “Ek wil hê mense moet vir my video’s stuur van hulle grootste avonture. Ons sal dit moontlik gebruik vir die video.” 

Meer oor die kunstenaar: 

Wesna Fourie is van ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap afkomstig. Daarom lê die natuur haar na aan die hart en is dit ook die plek waar sy tuis voel. 

Sy het op die ouderdom van agt jaar begin sing. Op daardie stadium was haar ouers se dubbelbed haar gunsteling verhoog, maar hulle het vinnig besef hulle moet hulle dogter op ‘n regte verhoog laat sing. 

Sy het op die ouderdom van nege haar eerste album, As ek jou vanaand kom haal, opgeneem en uitgereik. 

Wesna tel haar eerste enkelsnit, Tuis, en die reis saam met die liedjie as een van die hoogtepunte van haar musiekloopbaan tot dusver. 

Op eie bodem is Wesna geïnspireer deur kunstenaar soos Juanita du Plessis, Jo Black, Riana Nel. Internasionale kunstenaars waarvan sy hou is Shania Twain. 

Wesna is ook die eienaar van ‘n aanlyn onderneming, (Wes Cabell Trendy Accessories for Ladies). As die blondekop sangeres nie sing nie, hou sy van jag. 

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…