Fresh out of the Zoo

(Nov 2025)

Steve Hofmeyr, een van die mees geliefde en gevestigde name in Afrikaanse musiek, se nuutste album, Dwaas, is nou volledig op alle musiekstromingsdienste beskikbaar.  

Die album se titelsnit, Dwaas, is geïnspireer deur die idee dat ons almal soms maar bietjie dwaas is. Die titelsnit self wys op Jan Alleman en die dwaashede waarin ons almal soms verval.  

Die album bestaan uit agt snitte, waarvan Meisiekind eerste vrygestel was en die res van die album was sporadies op stromingsplatforms bekendgestel – aanhangers was dus in die afgelope twee maande bederf met nuwe musiek 

In die kol vir die feesseisoen gaan Dwaas ondersteuners aan die geskoffel te kry!  

“Ek hoef darem nie net diepsinnig te wees nie. Ekself geniet ‘n lekker opskop!” sê hy. 

Dié liedjie wys ’n speelse kant van Steve wat al 240 liedjies geskryf het wat opgeneem is.  

Dwaas vertel tong-in-die-kies die storie van ’n jong man wat alles in sy vermoë doen om die hart van ’n meisie te wen – maar haar pa is glad nie beïndruk met sy pogings nie. Die jong minnaar erken dat hy die “grootste dwaas in die Christendom” sal wees as hy haar moet verloor.  

Soos net Steve kan, meng hy humor, stories en ‘n aansteeklike ritme tot ’n lied wat ewe lekker luister as dans.  

Die musiekvideo is ook pas vrygestel en in die video speel Steve se seun, Devon, daardie karakter wat elke keer by die voordeur moet omdraai.  

“Dwaas bring ook reeds goeie energie na my lewende konserte.” 

DWAAS, die album en lied, is nou beskikbaar op alle plekke waarvanaf jy stroom. 

Saam met Dwaas se vrystelling is ook Laaste Song, wat baie na aan Steve se hart lê, ook vanaf 7 November beskikbaar. Om die rits vrystellings af te sluit sal Laaste Song se musiekvideo op 14 November 2025 vrygestel word.  

*Dit is die eerste keer in nege jaar dat Steve weer ’n volwaardige album vrystel, en dit beteken dat sy indrukwekkende loopbaan, wat reeds veertig jaar en 38 albums strek, ’n kragtige nuwe hoofstuk kry. 

Tydens ’n intieme luistersessie het Steve vertel dat hy verskriklik uitsien om sy nuwe musiek, agt splinternuwe liedjies, met sy aanhangers te deel.  

Dié eksklusiewe luistersessie wat kort voor sy 61ste verjaarsdag by Monte de Dios in Pretoria plaasgevind het, het Steve en sy span die geleentheid gebied om die gehoor se reaksie eerstehands te toets.  

Share this article

Recent News

Suid-Afrikaanse 10-jarige as Wêreldkampioen gekroon – op die verhoog waar Elvis Presley geskiedenis gemaak het
03Aug

Suid-Afrikaanse 10-jarige as Wêreldkampioen gekroon – op die…

(Jul 2026) Suid-Afrika het ‘n nuwe wêreldkampioen om te vier…

Meer as net ‘n medalje: Hoe twee Suid-Afrikaners wys dat groot mylpale met klein treë begin
17Jul

Meer as net ‘n medalje: Hoe twee Suid-Afrikaners…

(Jul 2026) Vir baie mense lyk ‘n wêreldkampioenskap soos die…

William Wolf deel sy hart met sy nuwe enkelsnit, Lakens
26Jun

William Wolf deel sy hart met sy nuwe…

(Jun 2026) Die bekende Afrikaanse kunstenaar, William Wolf, is terug…