Fresh out of the Zoo

(Maart 2025)

Afrikaanse musiek tref weer die regte noot met Alba Vorster se jongste vrystelling, Omgekeer. Die liedjie is ’n Afrikaanse popmeesterstuk, geskryf deur Alba self. Met haar unieke vertolking en diepgaande lirieke bevestig Alba haar plek as een van Suid-Afrika se voorste opkomende kunstenaars.

Omgekeer is nie net ’n enkelsnit nie, dit is ’n verhaal van liefde, kultuur, en Afrikanerskap. Met opwindende sokkie-ritmes, weerspieël die enkelsnit die samesyn en vreugde van Afrikanertradisies. Tydens haar onlangse “Trots Afrikaans” vertoning in Nederland, het Alba die inspirasie vir hierdie enkelsnit gekry, toe sy die groot liefde vir sokkie onder Afrikaners opgemerk het. Dit het haar aangemoedig om ’n sokkieliedjie met haar eie spesiale styl te skryf.

Volgens Alba weerspieël Omgekeer iets wat elke Afrikaner sal verstaan en waardeer, dat sokkie ’n groot deel van hul identiteit is. “Dis nie net ’n liedjie nie, dit is ’n viering van wie ons is, maak nie saak waar ons in die wêreld is nie,” sê Alba. Haar hoop is dat hierdie lied as ’n lewensmaat sal dien, een wat luisteraars uitnooi na die dansvloer.

Alba is vol vertroue dat Omgekeer die potensiaal het om Suid-Afrikaners se harte te wen, of hulle nou in die land of oorsee woon. “Ek hoop hulle sal daarvan hou en met my volgende vertoning saam sal sokkie,” voeg sy by. Hierdie enkelsnit is ’n geskenk aan haar luisteraars.

Afrikaners, met hul liefde vir sokkie en tradisies, sal vind dat Omgekeer ’n ervaring is. Dit is ’n liefdesliedjie wat hoop bring en die emosies van vreugde en verlange. Elke luisteraar wat tyd spandeer om na Alba se musiek te luister, gee haar die grootste geskenk, en sy hoop hierdie enkelsnit is ’n bewys van haar opregte dankbaarheid.

Meer oor die kunstenaar:

Alba Vorster het reeds vier jaar se professionele ervaring in die musiekbedryf en haar pad is duidelik een van passie en toewyding. Haar liefde vir musiek het op ’n jong ouderdom ontstaan, aangesien sy grootgeword het in ’n familie waar musiek altyd deel van die huis se atmosfeer was.

Inspirasie vir Alba se musiek kom uit ’n wye verskeidenheid bronne, insluitend haar persoonlike ervarings, rolprente, en selfs ander musiek. Haar kreatiwiteit strek verder as net musiek, sy is ook passievol oor drama en kuns.

’n Groot internasionale invloed op Alba se musiek, is die Amerikaanse kunstenaar Tate McRae, wie se styl en kreatiwiteit haar eie werk rig en inspireer. Sy fokus tans daarop om haar klavier- en kitaarvaardighede verder te ontwikkel, wat haar optredes soveel meer indrukwekkend maak.

Haar harde werk en talent is al beloon met groot erkenning, sy het ’n internasionale platekontrak met Upscale Records bekom nadat haar talent raakgesien is deur Manny by die wêreldkampioenskappe vir die uitvoerende kunste in Los Angeles. Hierdie deurbraak het haar loopbaan op die internasionale verhoog geplaas.

Share this article

Recent News

Babette releases empowering new single, Hey Jack
28Nov

Babette releases empowering new single, Hey Jack

(Nov 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit – Vuur en Vlamme
21Nov

Martin Bester bring die hitte met nuwe enkelsnit…

(Nov 2025) Die immergewilde sanger, liedjieskrywer én radio-aanbieder Martin Bester…

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My Aan ’n Lyntjie
21Nov

Tasha inspireer met haar nuwe enkelsnit, Hou My…

(Nov 2025) Tasha, die talentvolle Afrikaanse sangeres, is terug met…