Fresh out of the Zoo

(6 Oktober 2023)

Belowe is ‘n popsnit en beskryf die verliefde gevoel en terugflitse na die spesiale tye wat ‘n mens onthou saam met iemand, al het die verhouding tot ‘n einde gekom. 

ALTEREGO, wat bestaan uit die broers Darren en Justin Oates, is saam met Georic Lomas, Ruan Graaff en Deon Dee van Dee Graaff Productions geskryf en vervaardig. 

Die koor van die liedjie gebruik die woorde “buite myself” om die gevoelens waaroor die liedjie gaan, te beskryf. Die liriek “as jy so kyk doen dit iets aan my” is die erkenning dat die gevoelens nog steeds baie sterk is, verduidelik ALTEREGO die tema van die liedjie.  

Die liedjie is in die popgenre en kan vergelyk word met die musiek van kunstenaars soos Harry Styles en Justin Bieber. 

Die duo vertel die skryfproses van Belowe het baie anders gebeur as hulle vorige snitte. Die liedjie is in die ateljee geskryf en is binne ‘n week voltooi. 

“Hierdie proses was heeltemal die teenoorgestelde in vergelyking met ons gewone skryfproses. Ons het as ‘n groep musikante besluit om onsself uit te daag deur dinge bietjie buite die norm te doen om te kyk of die resultate ook dalk buite die norm kan wees… en ons glo hierdie proses was ‘n sukses,” sê ALTEREGO. 

Kunstenaars soos Olivia Rodrigo en 5 Seconds Of Summer het baie van die emosie, produksie en lirieke agter Belowe geinspireer.  

“Ons het van die begin af besluit om iets te skryf wat lig en positief is en dit het ons gelei deur die proses.” 

Belowe se energie, tempo en melodie is perfek vir die somerseisoen en die duo glo luisteraars sal die vars klank in Afrikaans geniet. 

“Ons glo daar is tans ‘n verskuiwing in die Afrikaanse musiekbedryf na ‘n meer internasionale gedrewe klank wat produksie sowel as lirieke aan betref. Belowe is beslis een van die leiers in hierdie beweging en ons hoop en glo Afrikaanse luisteraars sal gewoond raak aan klanke wat as alternatief in Afrikaans, maar hoofstroom in Engels beskou word,” sê ALTEREGO. 

Die duo het onlangs getref met snitte soos “Was dit jou plan” en “Ek mis jou hierdie keer”. Die musiekvideo’s vir dié twee treffers het onderskeidelik 100 000 en 55 000 trefslae op YouTube gekry. 

Meer oor die kunstenaar: 

Die duo, wat in 2021 amptelik die Afrikaanse musiekbedryf betree het, het sowat 14 jaar gelede begin klavier speel en in 2016 musiekopnames begin maak.  

Die broers is dit egter eens dat hulle nie daarvan gedroom het dat hulle eendag professionele musikante sou word nie. 

Die broers het teen die einde van hulle laerskoolloopbane begin klavier speel, meerendeels omdat hulle ma gesê het dit is nodig om keuring te kry by die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria, waar hulle op hoërskool was.  

Hulle het op 11 of 12-jarige ouderdom begin klavier speel, en meer tyd deurgebring aan hulle eie komposisies as om ons Unisa-stukke te oefen. 

Die broers vertel dat hulle deur internasionale kunstenaars soos Imagine Dragons, Olivia Rodrigo, Dermot Kennedy, Queen, Bon Jovi, Jon Bellion, Post Malone en Machine Gun Kelly geïnspireer word. 

Op eie bodem respekteer hulle kunstenaars soos Will Linley, Danie Reënwolf en Droomsindroom, en het hulle al die verhoog met bekende musikante soos Just Jinjer, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf en Fokofpolisiekar gedeel. 

In hulle kort tyd in die musiekbedryf het hulle reeds baie geleer, sê hulle. Die groep is ook onlangs benoem vir Pretoria FM se Aitsa-toekennings in die kategorieë vir nuweling van die jaar en alternatiewe- of rock liedjie van die jaar vir die snit “Verlore”. 

ALTEREGO se debuutalbum “Skree Net Sag” is onlangs genomineer vir ‘n SAMA toekenning vir ‘Die Beste Kontemporêre Musiek Album’ van die jaar.

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…