Fresh out of the Zoo

(21 Julie 2023)

Vir drie dekades hou Ruhan du Toit aanhangers gevangene met magiese vertonings en hoendervleis-vertolkings en met sy nuwe vrystelling, Stockholm Sindroom, wat ook die eerste enkelsnit is vanaf ‘n splinternuwe album,  gaan hy aanhangers beslis vrywilliglik in sy vangnet hou.  

“Die ware betekenis van Stockholm Sindroom is dat ʼn persoon verlief raak op iemand wat hom of haar gevangene hou. ʼn Mens is juis nie noodwendig altyd in beheer van jou emosies nie, en soms bring dit jou in die pekel. Hier word jy verlief op iemand wat jy nie eintlik op verlief sou kon raak nie,” het hy verduidelik. 

Dié liedjie handel oor iemand wat onder vreemde omstandighede sy of haar hart verloor op ʼn ander persoon.  

Stockholm Sindroom is uit die pen van die bekroonde liedjieskrywer Johan Oberholzer. 

Volgens Ruhan gaan die liedjie baie verskillende betekenisse hê vir verskillende mense, aangesien geen twee mense se agtergronde dieselfde is nie. 

“Ek het byvoorbeeld ná die beëindiging van my eerste huwelik gesê ek sal nooit weer in ʼn verhouding wees nie en ʼn jaar later is ek met die ongelooflikste mens getroud. So ek sou sê myne het mooi uitgewerk,” sê die sanger. 

Stockholm Sindroom se pragtige melodie, heerlike vasdanstempo en treffende lirieke sal aanklank by Afrikaanse musiekluisteraars vind. 

“Ek floreer op emosie en dit is ook wat ek wil oordra. Elke lied moet jou na ʼn plek of tyd in jou lewe neem. Lank terug of so onlangs soos nou in hierdie oomblik,” sê Ruhan. 

Stockholm Sindroom is deel van ‘n EP wat nou, ter viering van sy dertig jaar in die industrie, vrygestel word.  

“Wat ‘n voorreg om deel van die Suid-Afrikaanse musieklandskap te kan wees,” het hy oor dié mylpaal gesê. 

In ‘n baie kompeterende industrie het Ruhan met gemak diep in musiekliefhebbers se harte geklim en speel sy musiek op radiogolwe landwyd.  

Ruhan is bekend vir die magiese vertonings wat hy lewer en met sy veelsydige genre van musiek, wat strek oor ses tale, en vier oktawe, is hy ewe tuis op ’n internasionale verhoog as om ’n bosveldvuur met ’n handjie vol uitgesoekte gaste. 

“Terwyl ek nou ook bietjie nostalgies raak oor my lewenspad en al die draaie waarop dit my geneem het, kan ek nie help om terug te dink aan my eerste album wat ek in 1994 vrygestel het nie. Ek was elf jaar oud en reg om die bedryf aan te pak. Dit was ’n wonderlike pad, met hoogte- én laagtepunte, tot waar ek nou vandag staan,” het hy vertel.  

Mensekind (1995), I believe (1997). 

In 2000 reik hy en sy broer ‘n duetalbum, Sound of Silence uit.  

Ruhan is nogsteeds bekend vir dié weergawe wat hy in 2016 op die Afrikaans is Groot-verhoog met aanhangers gedeel het. Tot op hede het The Sound of Silence-musiekvideo groot sukses aanlyn bereik en is dit al deur meer as 11 miljoen mense op YouTube gestroom. 

Presies tien jaar na sy eerste vrystelling eindig Ruhan en sy broer, Jeanré, in die top 20 van die talentkompetisie, Zing, wat op kykNET uitgesaai was.  

Daarna stel hulle nog ‘n duetalbum in 2006 vry, getiteld Langpad.  

In 2008 sien die album Sal Ek Jou Kom Haal die lig en in 2012 sluit hy aan by Touch of Class en saam met sy medelid, Deon van der Merwe, bekoor hul gehore orals waar hul gaan.  

“Ek sal my herinneringe saam met Deon nooit vergeet nie en sal altyd dankbaar wees vir die aandeel wat hy in my loopbaan het,” het Ruhan gesê. 

Monumentaal is Ruhan se mees onlangse solo-album en die titelsnit én die liedjie se musiekvideo is in 2021 met ’n Aitsa-toekenning bekroon. Hierdie liedjie word steeds wêreldwyd geluister en neem die 58ste posisie in op die Top 200 Suid-Afrikaanse albums wat gestroom word.  

Die album self het ook in die doodsnikke van die hardekopie-era vir sewe weke lank bo-aan Musica se trefferleer gekuier –  kort voor hulle hul deure moes sluit gedurende Covid.  

Die gesogte Coleske Group, ’n afdeling van Warner Music Africa, werk saam met Ruhan aan sy musiekloopbaan en is ewe opgewonde oor wat vir hom voorlê. 

Stockholm Sindroom is van 21 Julie beskikbaar op alle digitale musiekstromingsdienste.  

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…