Fresh out of the Zoo

(21 Julie 2023)

Gewilde Afrikaanse kunstenaar, Franja du Plessis, is terug met ‘n splinternuwe vrystelling. Haar jongste enkelsnit, Hakahana, is ‘n lewendige danssnit wat luisteraars dadelik opgewek sal laat voel. Met sy pakkende ritme en aansteeklike energie sal Hakahana sekerlik ‘n gunsteling onder musiekliefhebbers word. 

Hakahana, wat “haastig” in Herero beteken, is ‘n prettige liedjie waaarin mense aangemoedig word om los te laat, lekker te kuier en die nag weg te dans. 

“Ek wil hê mense moet die lewe geniet en die oomblik omhels,” het Franja vertel. 

Dié liedjie is uit Franja se eie pen en sy het laggend vertel dat sy inspirasie geput het uit haar ma se gereelde gebruik van dié woord, hakahana, om haar en haar boeties bietjie aan te jaag. 

Dit is ‘n viering van die lewe, dans en die skep van onvergeetlike herinneringe. 

“Ek glo en vertrou dat die publiek Hakahana met ope arms sal ontvang,” het sy gesê. 

Hoewel Franja erken daar is altyd onsekerheid met die vrystelling van nuwe musiek, bly sy positief en glo dat om getrou aan jouself te bly die sleutel is om met die gehoor te skakel. 

Die borrelende Franja wil vreugde en geluk aan haar luisteraars bring en sy wil graag hê mense moet hulself inleef in die ritme van haar musiek.  

’n Musiekvideo vir dié enkelsnit word ook vrygestel en is by King Price se kantore in Pretoria verfilm.  

“Ek hoop mense sal ook energie put uit die musiekvideo. Ons wou juis die musiekvideo so opwindend as moontlik hou om aan te pas by die vinnige ritme van die liedjie,” het Franja verklap.  

Sy het opgewonde vertel dat sy aan nóg musiek werk en veral vanjaar fokus op toere en konserte.  

“Dit is vir my so lekker om mense by my konserte te ontmoet en ek wil orals uitkom waar ek hierdie jaar kan,” het sy gesê. 

Agter die skerms is sy ewe tuis. Sy geniet dit om musiek in die ateljee te vervaardig en saam met ander rolspelers in die bedryf te werk. 

Haar loopbaan het reeds verskeie hoogtepunte en mylpale behaal.  

Sy het in 2017 twee Ghoema-toekennings gewen vir Beste Vroulike Kunstenaar en Beste Nuweling.  

Just an Illusion saam met Juanita du Plessis en Ruan Josh het multi-platinumstatus verwerf en is reeds meer as 15 miljoen kere gestroom.  

Haar debuutalbum, My Verhaal, wat in 2016 uitgereik is het goue status bereik. In 2022 neem sy die Afrikaanse musiekbedryf op horing met haar treffer, Bring Dit, wat platinum-status behaal. 

Hakahana sal op alle musiekstromingsdienste beskikbaar wees.  

Share this article

Recent News

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met splinternuwe album – en eerste enkelsnit, Meisiekind, pas vrygestel
05Sep

Steve Hofmeyr vier 40 jaar in musiek met…

(Sept 2025) Steve Hofmeyr, een van die mees geliefde en…

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love
05Sep

Babette Releases Stirring New Single, Needed Your Love

(Sept 2025) South African singer and songwriter, Babette returns with…

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is, vry
15Aug

Babette stel nuwe enkelsnit, Net Soos Jy Is,…

(Aug 2025) Die Afrikaanse sangeres Babette, wat ’n rits treffers…