Fresh out of the Zoo

(7 Julie 2023)

Die lewe is kort, jy moet jou bolla los maak en die aand saam met jou vriende geniet!  

Dít is die boodskap van die musiekduo Klawer se splinternuwe enkelsnit, Skade Maak. 

Klawer is ʼn musiekduo wat gevorm is deur die sussies, donkerkop Inge en blondekop Martinique.   

Hul nuutste enkelsnit, Skade Maak, gaan sommer vinnig aanklank vind met die polsende ritme van dié popliedjie en is uit die pen van Roux Cloete.  

Dié liedjie handel oor ʼn aand uit waar die dorp bloedrooi geverf word en is ʼn goedvoel-liedjie waarop daar lekker gesokkie kan word. 

“Ons hoop mense maak hierdie sommer hul amptelike uitgaan liedjie,” is hulle dit eens.  

Die musiekvideo vir Skade Maak is in Somerset-Wes by die kuierplek Harley’s on Main verfilm. Johann Latsky van Latsky Multimedia het die vervaardiging behartig. 

Klawer is die afgelope ses jaar betrokke in die musiekbedryf en die sussies Inge en Martinique erken dat musiek die anker van hul lewens is en hulle reeds van vroeg af die konneksie deur musiek gehad het.  
 

Hulle is in die Paarl in die Wes-Kaap gebore en getoë en woon tans in Somerset-Wes. 

 
“Ons het al van kleins af musiek gemaak en opgtree vir almal wat wil kyk,” het Inge vertel. 

“Ons het ook sommer die bure se kinders met huiskonserte vermaak,” het Martinique bygevoeg. 

Hulle ouers het van kleins af belê in klavier- en kitaarlesse vir die twee ontluikende musikante en ook die dogters ingeskryf vir sangkompetisies. 

 
Nadat hulle studies voltooi is, het hulle besluit om weer voltyds musiek te maak. 

 
Albei het intussen in Somerset-Wes wortel geskiet en woon tans sowat vyf minute weg van mekaar.  Hulle sien mekaar daagliks en elke week word daar tyd gemaak om saam musiek te maak. 

 
Inge is ook ʼn fiksheidsinstruktrise en Martinique behartig die groep se administrasie en hou ook van skilder en binnehuisversiering. 

Die duo beskryf hulle stemme as sout en peper – totaal verskillend, maar vul mekaar perfek aan. 

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…