Fresh out of the Zoo

(28 April)

PietFrik wil met sy splinternuwe enkelsnit, Verdwaal, luisteraars telkens weer daaraan herinner om asem te skep so tussendeur die gejaag van die lewe. 

PietFrik het Verdwaal saam met Richann Brüssow van Reën-faam geskryf. Die liedjie het die lig gesien ná ‘n diep gesprek oor die lewe rondom ‘n kampvuur. 

“Ons almal het maar ons dinge in die lewe. Die liedjie is regtigwaar geskryf om elke persoon net weer te herinner om asem te haal so tussendeur die gejaag van die lewe,” sê PietFrik oor die boodskap van die liedjie. 

PietFrik beskryf homself as ‘n harde werker en sê hy het besef dat hy verby die klein oomblikke jaag. 

“Die liedjie beteken baie vir my omdat dit my herinner dat ek aan die belangrike dinge in die lewe ook moet aandag gee, voordat ek eendag gaan spyt wees.” 

PietFrik en Richann het Verdwaal geskryf sodat luisteraars daarmee kan vereenselwig. Die lirieke is diep en mooi, terwyl die melodie jou dadelik dansvloer toe sal lok. 

Die musiekvideo vir Verdwaal is in die Vrystaat geskiet en beeld die oomblik uit waartydens ‘n mens die besluit neem om weg te breek. Gerduan Kemp het die musiekvideo behartig. 

“Van teerpad na grondpad, so deur die gejaag van die lewe,” som PietFrik die konsep van die video kortliks op. 

PietFrik is ‘n voltydse ouditbestuurder wat sy passie vir musiek deeltyds uitleef. Volgens die sanger is dit die mense wat hy in die musiekbedryf ontmoet wat sy reis as musikant die moeite werd maak. 

Meer oor die kunstenaar: 

PietFrik is nie ‘n man van vele woorde nie, behalwe as hy sy emosies op papier kan neerpen. Hy is nou drie jaar professioneel betrokke in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. 

PietFrik is gebore in Springs, Gauteng, en het aan die Laerskool Bredell in tennis uitgeblink en is ook later tot hoofseun verkies. 

Hy het sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Kempton Park voltooi, waar hy in akademie en sport uitgeblink het, maar ook tyd gemaak het om aan die skool se revue deel te neem. Daar het sy liefde vir musiek en teater begin posvat. 

PietFrik het egter eers op universiteit sy ware passie vir die kunste ontdek. Hy is in 2014 as deel van die Universiteit van Pretoria se Vividus Mans Daghuis se sanggroep as die nasionale wenners van die ATKV Serenade-kompetisie aangewys. 

Hy het ook as uitruilstudent sy studies voorgesit by die Nanjing Audit University in China. Daar het hy gereeld in groot konserte opgetree. Sy hart het wel gehunker na Suid-Afrika en met sy terugkeer het hy sy honneursgraad in Interne Oudit voltooi. Hy is tans werksaam by ‘n top-ouditeursfirma in Suid-Afrika.  

Om sy sangstyl en stem verder te bevorder het hy sanglesse geneem by een van die land se mees talentvolle sangers en vokale afrigters, Lee Scott van Lee Scott Studio. 

PietFrik is geïnspireer deur die musiek van die ontslape Afrikaanse sanger Theuns Jordaan en wil graag saam met Monique Steyn en Riana Nel werk. Hy verklap sy grootste droom is om die Suid-Afrikaanse volkslied te sing voor ‘n internasionale rugbytoets. 

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…