Fresh out of the Zoo

(21 April)

Die bekende radio-omroeper en sanger, Riaan Grobler, se splinternuwe enkelsnit getiteld, Vat 5, is spesiaal geskryf ten bate van liefdadigheid. 

Dié gewilde sanger is gereeld by liefdadigheidsprojekte betrokke en hierdie keer is alle fondse wat deur Vat 5 gegenereer word ten bate van Solidariteit Helpende Hand. 

Riaan het dié organisasie, wat dadelik ingestem het dat hy ‘n spesiale lied laat skryf en opneem, genader. 

Die inspirerende liedjie is geskryf deur die bekroonde liedjieskrywer en sanger Rudi Claase en handel oor om mekaar te ondersteun en daar te wees vir mekaar. 

Volgens Riaan het hy nie die lied gekies nie, maar het die lied eerder vir hom gekies. “Ek het geweet ek kan met my sangtalent iets terug gee vir die gemeenskap,” sê Riaan, wat ‘n hart vir liefdadigheidswerk het. 

“Ons vat graag hande, ons vat graag 5, saam met Riaan Grobler en ons ons gemeenskappe graag uit om saam ons ʼn verskil te maak,” het Rene Roux, Adjunk Uitvoerende Hoof van  Solidariteit Helpende Hand, gesê. 

 Volgens Hannes Noëth Uitvoerende Direkteur Solidariteit Helpende Hand is Solidariteit Helpende Hand se jaartema is Hier’s my Hand.  

“Die Vat 5 video wat ons nou bekend stel sluit baie daarby aan. Dit kom in kort daarop neer, dat ons die hele gemeenskap benodig. Ons gee so bietjie van ons tyd en so bietjie van ons aandag en ns gee so bietjie van ons menswees, ons gee so bietjie van ons gawes , ons gee so bietjie van wie ons is. ’n Gemeenskap tree vorentoe, ’n gemeenskap sê vat 5 hiergaan ons die toekoms tegemoet, nie alleen nie maar saam met mekaar,” verduidelik hy.  

Hoewel dit nie ‘n liefdesliedjie is nie, is dié goedvoel-snit en saamsing-liedjie ‘n oorwurm wat diep in mense se harte sal gaan lê. 

“Dit is ‘n inspirerende lied wat jou hoop gee. Die melodie en verwerking laat jou met emosie van hoop,” het Riaan gesê. 

Vir Vat 5 se musiekvideo het ‘n handjievol van Riaan se vriende en personeellede van Helpende Hand, asook ‘n klomp van Riaan se aanhangers, byeengekom om ‘n prettige video onder leiding van Liezel en Annelize van Picture Perfect Studios te verfilm. 

“Dit is net ‘n klomp mense wat hulle hande in verf druk en ‘n groot hand op ‘n massiewe platform druk,” verduidelik Riaan. 

“Uit die lug sien jy dan hierdie massiewe hand vol kleure en dit weerspieël weer dat klomp hande saam ‘n verskil kan maak.” 

Mit Mak Motors, wat hulle depot beskikbaar gestel het vir die verfilming van die video, het besluit om die kunswerk te hou na die tyd. 

“Ons moet mekaar dra mekaar in maklike en moeilike tye. Ons moet bymekaar staan. Twee is beter as een. Een se min is vir ‘n ander te veel. Ons moet ‘n gemeenskap wees wat mekaar se harte dra en meer gee as wat jy vra. Dat jy kan gee, al is dit min en dat jy werklik mense se lewens kan verander deur net ‘n stukkie van jouself te gee,” sê Riaan. 

Riaan, wat onlangs getref het met die enkelsnit En Dan Dans Ons, sê sy toekomsplanne sluit in om aan te hou sing, aanbiedingswerk te doen en te skryf. Hy verklap dat hy onlangs ‘n roman geskryf het wat binnekort op die rakke sal wees. 

Meer oor die kunstenaar: 

Riaan Grobler is ‘n plattelandse kind en het van kleins af gesing, nog voor hy kon praat. Sy liefde vir musiek is gekweek deur tannie Les Swart, die Groblers se buurvrou, wat dag in en dag uit saam met Riaan na plate geluister het. 

Riaan is die afgelope 17 jaar professioneel werksaam in die musiekbedryf. Sy debuutalbum is in 2006 uitgereik. 

Riaan is ook ‘n bekende radio-omroeper en hy is tans daagliks op Pretoria FM te hoor. Hy is sedert 17 September 2005 op die lug. 

Riaan het al saam met groot name in die bedryf soos Juanita du Plessis, David Fourie, Cindy Nell, Rinél Day, Nadia Beukes, Werner Beukes en Jennifer Zamudio gewerk. 

Hy sonder sy duet saam met Juanita du Plessis uit as een van die hoogtepunte in sy loopbaan. Dié lied is baie na aan Riaan se hart, want dit het baie vir sy oorlede ma beteken. 

Vir Riaan is dit belangrik dat musiek betekenis moet hê. Hy sing vir die ouer mark, aangesien hy glo die ouer mark wil geïnspireer word. 

Hy beskryf sy stem en styl as lekkerluister-musiek met goeie melodieë en mooi lirieke met ‘n kommersiële aanslag. 

Riaan het geleer die musiekbedryf is nie ‘n maklike bedryf nie en dat jy meer as net passie en talent nodig het om suksesvol te wees. 

Hy werk tans aan nog ‘n enkelsnit wat later vanjaar uitgereik word. Sy eerste boek, ‘n roman, sal ook teen die einde van die jaar op die rakke wees. Hy werk ook aan ‘n TV-program waarvan hy die mede-aanbieder en vervaardiger is. 

Riaan is deur sy radio-loopbaan vir vier gesogte Liberty Radio Awards benoem, waarvan hy twee gewen het. Ek is benoem vir 4 radio-toekennings waar van ek twee gewen het, onderskeidelik vir beste multi-platform program en die Sterre in ons gemeenskap se beste omroeper. 

Meer oor Solidariteit Helpende Hand  

“Solidariteit Helpende Hand wil deur maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap, en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, bevorder. Om maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling in gemeenskappe te bevorder deur volhoubare ontwikkelingsprogramme en -projekte, opleiding, netwerkvorming en hulpbron-ontginning, sodat die mens deur sy gemeenskap tot ’n ontwikkelde, selfstandige, selfverantwoordelike en optimale funksionerende persoon gedryf word, wat gesonde, funksionerende gemeenskappe tot gevolg het. Die uitkoms moet ʼn toekoms wees waarin die Afrikaner-kultuurgemeenskap, vry, veilig en voorspoedig kan wees,” verduidelik Rene Roux, Adjunk Uitvoerende Hoof van  Solidariteit Helpende Hand.  

“Solidariteit Helpende Hand het lankal gesê ons kan nie alleen nie. Die uitdagings is te veel en die laste te swaar.  Gemeenskappe moet self. Individue moet aanmeld.  Ja, ons het ‘n hoofkantoor, vriende, ondersteuners, vrywilligers, streke, takke en vennote – maar ons kan nie alleen nie.  Gemeenskappe moet vorentoe tree en verantwoordelikheid neem en doen wat hulle moet doen.  Anders gaan die uitdagings van die dag ons benoud maak en gaan die antwoorde ver en moeilik lyk.  Daarom het ons strukture tot volhoubaarheid geskep,” vertel Hannes Noëth, Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand. 

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…