Fresh out of the Zoo

(3 Februarie)

Die sanger en liedjieskrywer Hugh Lynn se splinternuwe enkelsnit getiteld Tipsy Verby, is ‘n tong-in-die-kies liedjie wat dié musikant se humoristiese kant ten toon stel. 

Die inspirasie agter Tipsy Verby is gebore uit Hugh se persoonlike ervarings by sosiale geleenthede saam met vriende en is uit die musikant se eie pen. 

“Ek is geneig om baie vinniger as die gewone mens ‘tipsy’ te raak. Ek is nie maatjies met alkohol nie,” lag Hugh. 

“Die liedjie stel die humoristiese kwaliteit van my geaardheid en persoonlikheid ten toon wat ek graag met die wêreld wil deel.” 

Hugh glo hy is nie die enigste “liggewige drinker” ter wêreld nie en sê daarom dat baie mense met die liedjie sal vereenselwig. Die prettige klank van die liedjie sal egter selfs diegene wat nié by die lirieke aanklank vind nie, in ‘n wip vang. 

Hy wil graag hê mense moet vir hulle liggewige vriende die liedjie speel sodat hulle hulself in die liedjie kan sien. 

Die musiekvideo vir Tipsy Verby is by die Times Square-hotel in Menlyn, Pretoria, geskiet waar daar gebruik gemaak is van ‘n VIP Lounge, ‘n hotelkamer en ‘n hysbak. Die pragtige liggies van The Grove Mall se karnaval in Pretoria-Oos is ook in die video te sien. 

Zander de Beer was die kinematograaf en die dansers, Clerece en Carmi, is saam met ‘n handjievol vriende en familie wat optree as ekstras, te sien. 

Meer oor die kunstenaar 

Hugh Lynn het reeds op hoërskool begin musiek skryf en het as voorsanger in die skoolkoor en -revue opgetree. Hy het naskool ‘n voltydse diploma voltooi en daarna ‘n verdere twee jaar voltyds aan ‘n B.Sc-graad in klankingenieurswese studeer. 

Hy het gr. 8 in kitaarteorie voltooi en speel ook die klavier en tromme. Sy studies en sy vermoë om musiek te kan skryf en te toonset het hom in die posisie geplaas om sy eie musiek te vervaardig. 

Hy skryf al vir agt jaar lank musiek, maar is nou vier jaar professioneel in die musiekbedryf doenig. 

Plaaslike kunstenaars soos Riaan Benadé, Elandré en Bernice West is kunstenaars saam wie hy graag wil werk, aangesien hulle skryfstyl en musiekgenres hom inspireer. Op internasionale vlak hou hy van die musikant, Ed Sheeran. 

Hugh droom daarvan om op ‘n gereelde basis ‘n enkelsnit te kan uitreik en wil graag met sy musiekvrystellings gesogte speellyste soos dié van Spotify en Apple haal.   

“Om ‘n musiekloopbaan te probeer vestig terwyl jy studeer is ‘n groot uitdaging, maar ná harde werk word jy beloon. Die bedryf is baie kleiner as wat ek gedink het en almal ken vir almal.” 

Share this article

Recent News

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   
01Dec

Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe…

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is…

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  
01Dec

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki…

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  
01Dec

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker…