Alba Vorster ontplof soos ‘n TYDBOM met nuwe Afrikaanse snit   

(1 Desember 2023) Die jong Suid-Afrikaanse sangeres Alba Vorster is besig om internasionaal opslae  te maak met haar opgewekte Engelse popliedjies, maar nou ontplof sy weer op die Afrikaanse musiektoneel met ‘n popsnit getiteld TYDBOM.  TYDBOM is ‘n popliedjie met ‘n voetstamp-ritme, maar die diep lirieke deel ‘n belangrike boodskap. Die liedjieskrywer Janie Bay het […]

Boodskap op die Radio – Die Bokkies  

(1 Desember 2023) (Louis van den Berg, Nadine Blom, Loki Rothman – KVN Music Publishing/Active Music Publishing) Suid-Afrikaners hou daarvan om vir hul geliefdes boodskappe te stuur op die radio, soms sit hulle langs mekaar op die bank en luister hoe die een vir die ander een ‘n boodskap stuur of liedjie opdra. Die ding […]

Dis partytjietyd met Martin Bester se Boerepop”!  

(1 Desember 2023) Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker is: As jy Boerepop oor die luidsprekers gooi, ontstaan daar ‘n Boerejol wat onverbeterlik is! Daarom het die sanger en media persoonlikheid Martin Bester saam met die liedjieskrywer Rouxan Cloete gespan om ‘n splinternuwe Afrikaanse somertreffer, BOEREPOP, te skryf. Martin is met BOEREPOP slaggereed om […]

Robert Bolton – Vlieg te naby aan die son  

(17 November 2023) Die val van Ikaros in die Griekse mitologie inspireer metafories die nuwe alternatiewe enkelsnit getiteld Vlieg te naby aan die son, deur die sanger en liedjieskrywer Robert Bolton.  Robert en Hunter Kennedy, bekend as liedjieskrywer en sanger vir onder meer Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties, het saam aan Vlieg te naby aan […]

Jan-Mattys sê ‘Hey!’ vir die skoner geslag. 

(17 November 2023) Die jong sanger en liedjieskrywer Jan-Mattys weet hoe dit voel as die skoner geslag speletjies met sy gevoelens speel, en daarom sing hy daaroor in sy jongste enkelsnit, Hey!  Hey! is ‘n Afrikaanse popliedjie uit Jan-Mattys se eie pen, in samewerking met Liedjie Plaas en is gebasseer op die sanger se eie […]

Mel die Storieverteller saai inspirasie en komiese verligting landwyd 

(3 November 2023) Nadat sy gekskeer in komiese sosiale media videos oor ’n      gewilde Afrikaanse realiteitsreeks, lê aanhangers van die lag en só is Mel die Storieverteller op almal se lippe en foonskerms. Nie nét vir komiese verligting nie, maar ook as ’n bron van inspirasie vir Suid-Afrikaanse vrouens.   “Ek act én skryf stories vandat […]

Elsjé se universele ervaring oor gebroke liefde in nuutste enkelsnit, Stroom   

(3 November 2023) Elsjé weet waaroor ware liefde gaan en hoe om die stukke op te tel ná ʼn gebroke liefde, en sing oor dié universele ervaring in haar jongste enkelsnit, Stroom.  Stroom is ʼn Afrikaanse popliedjie en die jong sangeres het die liedjie saam met gesoute liedjieskrywers Hugo Ludik en Nicholas Jordaan geskryf.  Elsjé […]

SHY! en Jan Bloukaas – Blitse Skugter  

(27 Oktober 2023) Blitse Skugter is die titel van SHY! en Jan Bloukaas se splinternuwe samewerkingsnit, wat handel oor die tye wanneer mens regtig groei ervaar in jou karakter.   Gewoonlik hou mense daarvan om te dink groei vind plaas in die tye wanneer ‘n mens sterk voel, maar die groei gebeur eintlik in die tye […]

Plaasmeisie, Alida Lief bring stadsjapie-kêrel huistoe met nuwe enkelsnit, Boerecountry 

(27 Oktober 2023) Die jong sangeres en liedjieskrywer Alida Lief se nuwe uitreiking, Boerecountry, skets ‘n prentjie oor al die dinge waarvan Suid-Afrikaanse boere hou teen die agtergrond van ‘n plaasmeisie wat haar stadsjapie-kêrel huis toe vat.  In Boerecountry, wat deur Alida Lief, Murray Lubbe en Richann Brüssow van Reën-faam geskryf is, vertel Alida Lief […]